Kawana besoek Polisiehoof

Dr. Albert Kawana, die nuwe Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Veiligheid en Sekuriteit, het ‘n besoek aan die Namibiese Polisiehoof, Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga, afgelê. Kawana het aan Namibiese media gesê Nampol-beamptes staar vele uitdagings in die gesig soos gebrek aan toerusting, vervoer, akkommodasie, beperkte mannekrag en lae besoldiging. Hy beplan om ‘n landswye toer te onderneem om veral polisiegereiwe en die veldmagte te besoek. Nampol-woordvoerder, Adjunk-Kommissaris Kauna Shikwambi, gesels met Kosmos 94.1 Nuus