Vissermanne, mynwerkers nuwe Covid-gevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 92 nuwe Covid-gevalle uit 1 173 toetsresultate aangekondig. Uit die groep is 3 leerlinge, 4 studente, 1 elk onderwyser en gesondheidswerker, 5 mynwerkers en 7 in die visserybedryf. Vyf sterfgevalle is aangemeld en 134 mense het herstel.