Monica Geingos: Stop homofobie

Die Eerste Dame van Namibië, Monica Geingos, het op Twitter geskryf die verourderde Wet op Sodomie moet geskrap en homofobie gestop word. Sy skryf die Wet op Sodomie word vir meer as die afgelope 20 jaar nie toegepas nie, want dit skep grondwetlike wrywing met die reg tot privaatheid.