Labat Africa kry 75% aandeel in dagga-kweek en verbouingsfasiliteit in Noord Kaap

‘n Onderneming wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is, Labat Africa, het ‘n 75-persent aandeel in ‘n dagga-kweek- en verbouingsfasiliteit in die Noord-Kaap, Leaf Botanicals, verkry. Die fasiliteit het onlangs ‘n verbouings- en uitvoerlisensie bekom en dit word as ‘n hupstoot vir die wêreld se florerende dagga-ekonomie beskou. Volgens Money Web het Labat Africa ook bekend gemaak dat hy ‘n eksklusiewe verspreidings- en aanbodooreenkoms met die wêreldwye hemp en dagga handelsmerk, Ace and Axle, aangegaan het.