Lekker rugby vandag

Die naweek se Reënboogbeker Suid-Afrika-wedstryde word in Durban en Johannesburg gespeel. Vanmiddag om eenuur verwelkom die Sharks die Stormers op Kingspark terwyl die Lions en Bulls se kragmeting om half-vier op Ellispark afskop. Die Bulls is na drie oorwinnings eerste op die punteleer. Die Sharks is tweede nadat hulle verlede naweek teen die Bulls verloor het. Die Kaapse span het nog net een sege behaal en is in die derde plek. Die Lions wat nog ‘n oorwinning moet behaal, is laaste.