Die Lühl-Delgado tweeling het in die land aangekom

Die Lühl-Delgado tweeling het gisteraand in die land aangekom,na ‘n fel regstryd deur hulle ouers Guillermo en Phillip. Die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan Paula en Maya Delgado-Lühl uitgereik om Namibië toe te kom. Dit volg 2 maande ná hulle geboorte van ‘n surrogaatmoeder in Suid-Afrika.