Net R9m by Cyril se plaas gesteel, glo geld vir ‘n buffel wat verkoop is - August 10, 2022

‘n Beraamde 9 miljoen Suid-Afrikaanse rand is by President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel, minder as die 62 miljoe rand waaroor vroeër berig is. Media in die buurland berig die geld is betaal aan Ramaphosa se plaasbestuurder, Hendrik von Wielligh, vir die verkoop van een buffel deur ‘n onbekende koper van Dubai. […]

Read More

Killarney sal fokuspunt van motorsport in die Kaap word - August 10, 2022

Die Stad Kaapstad beveel aan dat ‘n nuwe huurkontrak goedgekeur word vir die Killarney-renbaan, wat deur die Westelike Provinsie Motorklub bedryf word. Die voorgestelde transaksie beoog om die toekoms van motorsport in Kaapstad te verseker en vier die erfenis van 75-jaar se suksesvolle motorwedrenne op die perseel. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê […]

Read More

Rusland berei voor om Donbas te annekseer – kenner - August 10, 2022

Die afgetrede Britse generaal, Sir Richard Barrons, sê Rusland is tans besig met voorbereidings om die Donbas-streek te annekseer, moontlik teen volgende maand. Hy voeg by dat Oekraïnse magte steeds strategies verdedig.

Read More

Mynbou sal groei, konstruksie krimp verder – BoN - August 10, 2022

Die Bank van Namibië sê dat die mynbousektor in die land groei sal aandryf oor die volgende 18 maande met die meeste sektore onder sekondêre en tersiêre bedrywe wat na verwagting positiewe, maar lae groeikoerse sal toon. Volgens die bank sal die uraansektor vanjaar met 3,4 persent krimp, veral as gevolg van onderbrekings in watertoevoer maar, sal volgende jaar met […]

Read More

Kragopwekkers in Gauteng se hospitale werk nie - August 10, 2022

Die DA in Gauteng sê daar was vanjaar reeds 181 kragopwekkers in staatshospitale en -klinieke wat weens ‘n tekort aan diesel nie tydens beurtkrag kon werk nie. Amper 42 miljoen Suid-Afrikaanse rand is bestee om kragopwekkers te bedryf. Die waarnemende LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dit onthul toe sy die party se vrae in […]

Read More

WGO stel standpunt oor breingesondheid bekend - August 10, 2022

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy eerste standpuntdokument bekendgestel oor breingesondheid en hoe om dit ten volle te ontwikkel. Die dokument bied ‘n raamwerk om breingesondheid te verstaan en die belangrikheid om breingesondheid te optimaliseer. Daar word beraam een uit elke drie mense sal een of ander tyd in hul lewe ‘n neurologiese versteuring ontwikkel. Neurologiese versteurings is die hoofoorsaak van gestremdhede en die tweede […]

Read More

Perdeliefhebber? Kom kuier saam! - August 10, 2022

Die African Western Stock Horse-vereniging, bekend as Awesha, sal weer hulle gewilde Ranch Horse Show and Family Fun-dag op 26 en 27 Augustus hou. Die geleentheid vind by die Diverse Equestrian-sentrum by plot 200, op Brakwater plaas. Toegang is gratis met hope vermaak. Pieter Fourie, die voorsitter van Awesha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die skouspel met die perde wat aangebied sal word.  Hy het ook meer […]

Read More

Woestyn-leeus doen goed – ministerie - August 10, 2022

Die Namibiese ministerie van omgewingsake sê hy het ondersoek ingestel na die toestand van woestyn-aangepaste leeus in die noordweste van die land. Vandag word Wêreld Leeu-dag herdenk en in ‘n verklaring deur die ministeriële woordvoerder Romeo Muyunda vertoon die leeus wat territorium in die verre westelike dele van die Kunene-streek handhaaf, redelik swak maar is nie in […]

Read More

Maimane sê polisiestasies moet beter toegerus wees vir geslagsgeweld - August 10, 2022

Die leier van die One Movement in Suid-Afrika, Mmusi Maimane, sê polisiestasies moet verbeterde meganismes bied vir die aanmelding van geslagsgebaseerde geweld. Maimane het buite die Delft-polisiestasie in Kaapstad gepraat en gesê vroue moet toegang hê tot behoorlike dienste om geslagsgebaseerde geweldmisdaadverwante kwessies aan te meld. Die stasie het die derde hoogste aantal verkragtingsake gedurende […]

Read More

Musk verkoop US$6,9 miljard se aandele, indien hy Twitter-hofsaak verloor - August 10, 2022

Elon Musk, Tesla se uitvoerende hoof, het 6,9 miljard Amerikaanse dollar se aandele in sy maatskappy verkoop. Hy sê die fondse kan gebruik word om ‘n potensiële Twitter-transaksie te finansier sou hy ‘n regstryd met die sosialemedia-platform verloor. Musk het vroeg in Julie sy ooreenkoms van 25 April om Twitter vir 44 miljard Amerikaanse dollar te koop, gekanselleer. Twitter het Musk gedagvaar om hom te dwing om die […]

Read More