Katima-inwoners moet wyk voor rioolJune 8, 2025
Inwoners van Katima Mulilo is aangeraai om tydelik na nedersettings te verskuif om moontlike riooloorstromings in dele van die dorp te vermy ná die hoofpomp op die dorp gebreek het. Volgens die uitvoerende hoof van die Katima Mulilo-dorpsraad, Raphael Liswaniso, vorder herstelwerk aan die pomp stadig. Liswaniso het die situasie as kritiek beskryf en gesê indien dit vererger, sal besighede ook tydelik moet sluit. Hy het die krisis aan verouderde infrastruktuur en Katima Mulilo se groeiende bevolking toegeskryf.