
Outa eis steeds dat Mantashe moet waai - July 27, 2022
Die buurland se organisasie teen belastingmisbruik, Outa, doen weer ‘n beroep dat die minister van energie, Gwede Mantashe, uit sy pos verwyder word en sê hy slaag nie daarin om sy werk te doen nie. Outa se woordvoerder, Brendan Slade, sê die land het ‘n minister nodig wat bevoeg en bereid is om ‘n indrukwekkende […]
Rusland sal in ’24 ruimtestasie verlaat - July 27, 2022
Rusland beplan om die Internasionale Ruimtestasie oor twee jaar te verlaat. Yuri Borisov, wat onlangs as hoof van die staatsbeheerde ruimtekorporasie Roscosmos aangestel is, het die aankondiging gedoen. Hy sê Rusland beoog om te fokus op die bou van sy eie wentelbaan-buitepos. Internasionale media berig Borisov se voorganger, Dmitry Rogozin, het in April gewaarsku Rusland sal sy samewerking staak ná Westerse sanksies oor die […]
Minister sal aantygings oor diskriminasie by Olimpiesekomitee aanspreek - July 27, 2022
Daar blyk om onmin in Namibiese sportsirkels te wees. Die sportminister Agnes Tjongarero het gereageer op aantygings deur een van die land se top-atletiekafrigters, Letu Hamhola, wat meen die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee en Special Olympics Namibia diskriminasie toepas. Hamhola het saam met drie top-atlete die media toegespreek en sê verder die Olimpiese komitee het […]
Stad Kaapstad waarsku oor slenter - July 27, 2022
Die Stad Kaapstad waarsku inwoners en werksoekers teen ‘n advertensie wat die ronde doen waarin mense gewerf word om as verkeersbeamptes opgelei te word. Die stad het die advertensie reeds in 2016 uitgegee en die sluitingsdatum vir aansoeke was in Mei 2016. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, sê desperate en niksvermoedende […]
Stad Windhoek se salarisse is buitensporig - July 27, 2022
‘n Busbestuurder by Stad Windhoek verdien 600 000 Namibiese dollar jaarliks. Daar is 50 aangestel en net tussen 25 en 30 word daagliks gebruik. Volgens Jürgen Hecht, ‘n lid van die stad se bestuurskomitee, is daar verliese van 70 miljoen Namibiese dollar by die busdiens aangeteken. Hy voeg by dat na-aftrede gesondheidsorgvoordele vir 593 afgetrede personeel die […]
Al hoe meer SA-huurders word plakkers - July 27, 2022
‘n Verslag deur die TPN Kredietburo toon die aantal privaat huurders in Suid-Afrika wat as plakkers geklassifiseer is, het skerp toegeneem. Dit is inwoners wat vir drie agtereenvolgende maande geen huur betaal het nie. Die buro sê die Covid-19-pandemie het daartoe gelei dat sommige huurders die regeringsregulasies misbruik het wat ingevolge die Rampbestuurswet uitgereik is. Die regulasies […]
Oorlog is geleentheid vir hernubare energie - July 27, 2022
Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê die oorlog in Oos-Europa is ‘n gulde geleentheid vir die wêreld om oor te slaan na hernubare bronne. Hy waarsku dat die tyd min raak om verhitting om te keer.
Pence spreek ook gehoor in Washington toe - July 27, 2022
Die voormalige Amerikaanse vise-president Mike Pence het ook ‘n toespraak in Washington gisteraand gelewer. Terwyl Donald Trump by die Amerika First-instituut gepraat het, was Pence by die Young Americans-stigting waar hy studente toegespreek het. Hy sê sommige kandidate verkies om terug te kyk, hy kyk vorentoe. Hy is gevra oor die verskille tussen hom en […]
Uitspraak voorbehou in Mkhwebane se aansoek - July 27, 2022
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aansoek dat haar skorsing deur President Cyril Ramaphosa omgekeer word. Mkhwebane se prokureurs voer aan haar skorsing is uit wraak en wys daarop dis gedoen voordat die Parlement se Artikel 194-komitee wat haar ampsklag ondersoek, met sy werk begin het. Die DA […]
NTTU-staking: Polisie kos geld - July 27, 2022
Die staking deur die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie het toe nie Dinsdag afgeskop nie. Die oorsaak is volgens berigte die koste van polisie begeleiding. Blykbaar vra die mag 50 Namibiese dollar per uur per beampte. Nampol het reeds bevestig dat die unie hom kennis gegee het van ‘n protesaksie, maar, die diens moet voor betaal word. Werner […]