
GIZ bied subsidie vir sonkrag-stelsels aan - August 10, 2022
Die Duitse Samewerking-organisasie, GIZ, doen ‘n beroep op boere en klein en medium ondernemings in landelike gebiede om aansoek te doen vir ‘n 50 persent-subsidie vir sonkrag-stelsels vir produksie. Die inisiatief Green People’s Energy for Africa is deel van die Marshal Plan with Africa en het ten doel om die toestande in Namibië met betrekking […]
Swangerskappe neem toe onder SA se tieners - August 10, 2022
Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê vroeë swangerskappe is ʼn maatskaplike, gesondheids- en ekonomiese kwessie vir kinders in die land. Volgens die regtegroep het die aantal geboortes onder jong en adolessente meisies tussen tien- en 14 jaar tussen April 2017 en September 2021, met 48,7 persent toegeneem. ʼn Woordvoerder van Amnestie Internasionaal, Genevieve Quintal sê van die […]
Hof beslis ten gunste van PGA dat LIV-spelers verbied bly - August 10, 2022
Drie spelers van die Saudi-gesteunde LIV-gholfreeks het ʼn hofaansoek teen die PGA-toer verloor om aan die aanloklike laaste toernooi van die seisoen, die FedEx-beker-uitspeelwedstryde deel te neem. Matt Jones van Australië asook Talor Gooch en Hudson Swafford van Amerika het ʼn tydelike beperkingsbevel gevra om hulle toe te laat om aan die FedEx-beker-toernooi deel te neem, wat môre begin. ʼn Regter van ʼn Amerikaanse Distrikshof, Beth Labson Freeman, […]
Top-gehalte wild op aanbod by Outjo Wildsfees - August 10, 2022
Die Outjo Wildsfees vind op 26 en 27 Augustus by Sophienhof Lodge op Outjo plaas. Buiten al die stalletjies en vermaak uit die boonste rakke, is een van die groot trekpleisters die wildsveiling van Du Preez Wild van Otjiwarongo. Die wildveiling vind op Saterdag 27 Augustus plaas. Dirk du Preez van Du Preez Wild sê […]
NamWater herstel oordagstelsel by Swakoppoort - August 10, 2022
Die stukkende oordragstelsel tussen die Swakoppoort- en Von Bachdamme is herstel. Die stelsel was al vir ‘n geruime tyd stukkend en het groot kommer uitgelok. Water kan net van Von Bachdam na die hoofstad en sentrale gebied gepomp word en Swakoppoort dien dan basies as reservoir vir die dam. Volgens NamWater se uitvoerende hoof, Abraham […]
Nuwe datums nodig vir Eichhoff se moordsaak - August 10, 2022
Die moordsaak teen die Okahandja-boer Karl Eichhoff is tot 16 September, vir die bepaling van nuwe verhoordatums, in die Windhoek-streekshof uitgestel. Eichhoff se regsverteenwoordiger, advokaat Louis Botes is volgens berigte siek en sal vir twee maande nie beskikbaar wees nie. Eichhoff word daarvan beskuldig dat hy op 6 Oktober 2013 Cornelius Slinger, en sy twee van […]
Duitsers neem BIG-toelaag onder die loep - August 10, 2022
Die Duitssprekende Namibiërs-forum gaan die basiese inkomste-toelae onder loep neem om te bepaal of dit ‘n resep vir ‘n ramp is, en of dit die enigste manier is om armoede in die land te verminder. Die forum hou môreaand ‘n openbare debat by die Goethe-instituut in Windhoek. Die geleentheid is oop vir die publiek en […]
4 000 Beagles van mediese eksperimente gered, soek nou huise - August 10, 2022
Byna 4 000 Beagle-hondjies is op soek na nuwe huise na wat vermoedelik een van die grootste hondereddingspogings ooit in die VSA is. Die honde is by ‘n fasiliteit in Virginia geteel wat hulle aan laboratoriums verkoop vir toetse en eksperimente om nuwe medisynes te ontwikkel. Die Humane Society werk reeds meer as ‘n jaar aan die saak en die fasiliteit […]
Geslagsgelykheid kan net met ekonomiese bemagtiging plaasvind - August 10, 2022
President Cyril Ramaphosa sê geslagsgelykheid in die buurland is net moontlik indien vroue finansieel veilig en onafhanklik is. Hy was die hoofspreker by die Nasionale Vrouedag-viering in Richmond, KwaZulu-Natal. Ramaphosa sê die regering werk daaraan om vroue in staat te stel om aan die ekonomie deel te neem:
Landbou-sensus: Mikrodata is uiters belangrik, ook vir beleggings - August 10, 2022
Daar is ‘n gebrek aan data in die landbousektor in Afrika en Namibië. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het kragte met die Namibiese Statistieke-agentskap saamgesnoer om ‘n landbou-sensus in die land uit te voer. Die organisasie het 3,4 miljoen Namibiese dollar bewillig. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning […]