Namibiese damme saam 79,8% vol - August 22, 2022

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,8 persent  vol, teenoor verlede jaar se 80,9 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 87,5 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautdam op 92 persent. Sentrale damme is tans 54,2 persent vol teenoor verlede jaar se 76,7 persent dieselfde tydperk. Gobabis se damme […]

Read More

Windhoek-inwoners kan nou herwinbare rommel verkoop - August 22, 2022

Stad Windhoek saam met sy verskeie vennote het vandag ‘n skoonmaakveldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om Windhoek se eertydse glorie as die skoonste stad in Afrika te herwin voordat dit deur Kigali, die hoofstad van Rwanda, weggeneem is. Die burgemeester van Windhoek, Sade Gawanas, sê die stad sal twee terugkoop-sentrums vir rommel […]

Read More

Vier stukke grond in KZN vrygestel vir vloedslagoffers - August 22, 2022

Die Suid-Afrikaanse departement van openbare werke en infrastruktuur het aangekondig dat hy vier stukke grond in KwaZulu-Natal vrygestel het waar slagoffers van die onlangse vloede hulself nou kan hervestig. Minister Patricia de Lille sê die grond gaan gebruik word om huise te bou vir die mense wat hul wonings in die verwoestende vloede verloor het. […]

Read More

Munisipale vakbond Matusa sê korrupsie lei tot swak dienslewering - August 22, 2022

Die munisipale vakbond Matusa sê korrupsie, omkopery, magsmisbruik en verduistering van fondse is faktore wat bydra tot die gebrek aan dienslewering op munisipale vlak. Die vakbond se adjunk-hoofsekretaris, Thulani Ngwenya, sê indiensnemings-onreëlmatighede, insluitend die indiensneming van ongeskoolde leiers, is nog ‘n bydraende faktor. Hy sê die regering moet nou daaraan werk om die Wysigingswetsontwerp op […]

Read More

Khomas-bevelvoerder hou sy laaste operasie in die streek - August 22, 2022

Die Namibiese polisie het saam met die bevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, sy laaste operasie as die bevelvoerder van die streek gehou. Die operasie is oor die naweek gehou met die doel om gevaarlike, onwettige wapens uit die samelewing te verwyder. Kommissaris Basson sê aan Kosmos 94.1 Nuus die operasie was ‘n sukses, […]

Read More

Fica-wysigings sal klein en medium ondernemings raak - August 22, 2022

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters sê voorgestelde wysigings aan die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum moet verseker die regulatoriese las op klein ondernemings word verminder. Die projekdirekteur, Juanita Steenekamp, wys daarop dit sal finansieel en struktureel onmoontlik wees vir ‘n KMMO om te voldoen aan die regulatoriese las wat die wet van hulle vereis. […]

Read More

LEAP-beamptes geloof vir verlaagde moordsyfer in Wes-Kaap - August 22, 2022

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het beamptes van die Wetstoepassings-bevorderingsplan die eer gegee vir die afname in die moordsyfer in die Wes-Kaap. Hy is van mening die afname van 8,2 persent in die eerste kwartaal van die 2022/23-boekjaar bewys dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan die provinsiale regering oorhandig moet word. Hy sê die idee […]

Read More

Global T20 Namibia vind by Wanderers-krieketveld plaas - August 22, 2022

Krieket Namibië het vandag aangekondig dat die eerste Global T20 Namibia van 1 tot 9 September by die Wanderers-krieketveld in Windhoek aangebied sal word. Namibië se mans se nasionale ontwikkelingspan, die Eagles, sal teen Pakistan se Lahore Qalanders en Suid-Afrika se DP World Lions te staan kom. Johan Muller, hoof uitvoerende beampte van Krieket Namibië, […]

Read More

Ekonoom: Dis ongewoon dat Amerikaanse dollar en Euro dieselfde is - August 22, 2022

Die Amerikaanse dollar en die Euro het op ‘n stadium vandag presies dieselfde teen 17 Suid-Afrikaanse rand, 17 sent verhandel. Kosmos 94.1 Nuus het aan die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gevra of dit ongewoon is. Hy sê dit het laas in 2003 gebeur en verduidelik die redes en impak daarvan.

Read More

Pres. Geingob wens Shikongo geluk met sy aanstelling - August 22, 2022

Gelukwensings stroom van oraloor in vir generaal-majoor Joseph Shikongo wat aangewys is as die nuwe inspekteur-generaal van die Namibiese polisie. Hy is tans die adjunk-inspekteur-generaal van operasies. Shikongo volg generaal-majoor Sebastian Ndeitunga op wat einde Augustus gaan aftree. President Hage Geingob wens Shikongo geluk tydens sy amptelike aanstelling by Staatshuis.

Read More