NAC: Daar is nie uitdagings by lughawens weens digitale inentingsertifikate

Die Namibies Lughawensmaatskappy sê by monde van sy woordvoerder, Dan Kamati, daar is nie juis uitdagings of oponthoude op Namibiese lughawens weens die vereiste van digitale Covid-inentingsertifikate nie. Volgens die gesondheidsministerie sal dit oor twee weke of vroeër operasioneel wees. Die ministerie is ook in gesprek met Suid-Afrikaanse owerhede oor moontlike tussentydse maatreëls vir Namibiërs […]

Read More

Eskom help met herstelwerk in KwaZulu Natal

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê die kragvoorsiener werk saam met die KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, Ravi Pillay, om te verseker dat die kragtoevoer in munisipaliteite wat geraak is, herstel word. De Ruyter het in gesprek met die media oor Eskom se verskaffingsvermoë gesê beskadigde infrastruktuur wat die […]

Read More

Sjef gaan Namibië by Bengaalse Besigheidsraad verteenwoordig

Die bekende Namibiese sjef, Terry Jenkinson, sal Namibië by die Bengaalse Besigheidsberaad verteenwoordig as kulinêre verteenwoordiger. Jenkinson sal saam met verskeie ander sjefs etes voorberei en hulle voorstel aan kossoorte eie aan hul lande van oorsprong. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Putin sê Rusland sal alternatiewe uitvoermarkte ondersoek

Die Russiese President Vladimir Putin sê sy land sal alternatiewe markte vir sy energie-uitvoer ondersoek nadat Westerse lande sanksies teen Rusland ingestel het oor sy militêre operasie in Oekraïne. Sedert Moskou se soldate op 24 Februarie sy pro-Westerse buurland binnegeval het, staar Rusland ‘n stortvloed ongekende sanksies in die gesig, insluitend op sy krag-uitvoer. Die EU, wat […]

Read More

Ramaphosa besoek vandag vloedgeteisterde KwaZulu Natal

President Cyril Ramaphosa en ander hooggeplaaste regeringsampternare besoek vandag die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die provinsie kan moontlik oor die naweek nog reën kry. Intussen het agt weerstasies gister volgens voorlopige data nuwe rekords vir reënval aangemeld. In Margate aan die Suidkus is 311 millimeter aangeteken. Dit is meer as dubbel die rekord van 25 jaar gelede. […]

Read More

Namibiërs neig om vroeg aftreefondse te onttrek, selfs LP’s

Die uitvoerende hoof van die Regerings-instellings Pensioenfonds David Nuyoma het vandag gepraat oor die omstrede FIMA-wetsontwerp. Hy stem saam met die minister van finansies Ipumbu Shiimi dat mense in Namibië ‘n tendens het om aftreefondse vroeër te trek. Hy sê lede van die parlement kom by hul kantore aan met taxi’s om geld aan te […]

Read More

Paaie-fonds genoodsaak om kommersiële lening aan te gaan

Die Paaie-fonds Administrasie was genoodsaak om ‘n kommersiële banklening aan te gaan om lae volume grondpaaie in stand te hou. Die heersende ekonomiese toestande het ‘n negatiewe impak op die begrotings van talle staatsondernemings en die administrasie is geen uitsondering nie. Nedbank Namibia het 350 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel. Selma Kaulinge, die bank se […]

Read More

Reg op die gebruik van water in die Konstitusionele Hof

AgriSA sê die toesighouding oor water gaan nie net oor die doeltreffende gebruik van skaars waterbronne nie, maar ook die wettige beskerming van die reg op die gebruik van water. Die Konstitusionele Hof het aan die Departement van Water en Sanitasie toestemming gegee om te appelleer teen die Appèlhof se besluit oor die oordrag van, […]

Read More

Mariupol val moontlik binnekort – Rusland

Meer as 1 000 Oekraïnse soldate het in die beleërde hawe van Mariupol oorgegee. Dit is volgens Rusland se ministerie van verdediging. Sou die Russe die Azovstal-nywerheidsdistrik oorneem sal hulle in volle beheer wees van Mariupol, Oekraïne se hoof See van Azof-hawe, wat Rusland sal toelaat om ‘n landkorridor tussen die separatiste-beheerde oostelike gebiede en […]

Read More

Werksgroep reeds gestig vir loodvlakke in die natuur

Loodvlakke in die natuur is in die nuus. Unam Veeartsenyskool analiseer karnivoorbene in die land omdat karnivore bo-aan die voedselketting is nes met kwik, sal hulle die metaal opbou. Die tipe navorsing is ook elders reeds uitgevoer. Dr. Chris Brown, stigter van die Kamer van die Omgewing gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê ‘n […]

Read More