NAC: Daar is nie uitdagings by lughawens weens digitale inentingsertifikate

Die Namibies Lughawensmaatskappy sê by monde van sy woordvoerder, Dan Kamati, daar is nie juis uitdagings of oponthoude op Namibiese lughawens weens die vereiste van digitale Covid-inentingsertifikate nie. Volgens die gesondheidsministerie sal dit oor twee weke of vroeër operasioneel wees. Die ministerie is ook in gesprek met Suid-Afrikaanse owerhede oor moontlike tussentydse maatreëls vir Namibiërs wat na Suid-Afrika wil reis. Kamati gesels met Kosmos 94.1 Nuus.