Putin sê Rusland sal alternatiewe uitvoermarkte ondersoek

Die Russiese President Vladimir Putin sê sy land sal alternatiewe markte vir sy energie-uitvoer ondersoek nadat Westerse lande sanksies teen Rusland ingestel het oor sy militêre operasie in Oekraïne. Sedert Moskou se soldate op 24 Februarie sy pro-Westerse buurland binnegeval het, staar Rusland ‘n stortvloed ongekende sanksies in die gesig, insluitend op sy krag-uitvoer. Die EU, wat 40-persent van sy gasvoorrade van Rusland ontvang, het oproepe teengestaan om die krane onmiddellik toe te draai, maar poog om homself geleidelik te speen van aflewerings vanaf Rusland.