Ramaphosa besoek vandag vloedgeteisterde KwaZulu Natal

President Cyril Ramaphosa en ander hooggeplaaste regeringsampternare besoek vandag die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die provinsie kan moontlik oor die naweek nog reën kry. Intussen het agt weerstasies gister volgens voorlopige data nuwe rekords vir reënval aangemeld. In Margate aan die Suidkus is 311 millimeter aangeteken. Dit is meer as dubbel die rekord van 25 jaar gelede. Sake-ondernemings is gevra om humanitêre pogings te ondersteun.