Eskom help met herstelwerk in KwaZulu Natal

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê die kragvoorsiener werk saam met die KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, Ravi Pillay, om te verseker dat die kragtoevoer in munisipaliteite wat geraak is, herstel word. De Ruyter het in gesprek met die media oor Eskom se verskaffingsvermoë gesê beskadigde infrastruktuur wat die vloede veroorsaak het, word tans hertstel.