Mariupol val moontlik binnekort – Rusland

Meer as 1 000 Oekraïnse soldate het in die beleërde hawe van Mariupol oorgegee. Dit is volgens Rusland se ministerie van verdediging. Sou die Russe die Azovstal-nywerheidsdistrik oorneem sal hulle in volle beheer wees van Mariupol, Oekraïne se hoof See van Azof-hawe, wat Rusland sal toelaat om ‘n landkorridor tussen die separatiste-beheerde oostelike gebiede en die Krim-streek wat dit in 2014 geannekseer het. Rusland sê 1 026 soldate van die Oekraïne se 36ste Mariene Brigade het oorgegee, insluitend 162 offisiere.