Reg op die gebruik van water in die Konstitusionele Hof

AgriSA sê die toesighouding oor water gaan nie net oor die doeltreffende gebruik van skaars waterbronne nie, maar ook die wettige beskerming van die reg op die gebruik van water. Die Konstitusionele Hof het aan die Departement van Water en Sanitasie toestemming gegee om te appelleer teen die Appèlhof se besluit oor die oordrag van, en handel in waterregte. Die woordvoerder van AgriSA, Janse Rabie, sê die uitspraak hou belangrike gevolge vir die landboubedryf in op die gebied van beleggersvertroue en toegang tot kapitaal.