Namibiërs neig om vroeg aftreefondse te onttrek, selfs LP’s

Die uitvoerende hoof van die Regerings-instellings Pensioenfonds David Nuyoma het vandag gepraat oor die omstrede FIMA-wetsontwerp. Hy stem saam met die minister van finansies Ipumbu Shiimi dat mense in Namibië ‘n tendens het om aftreefondse vroeër te trek.

Hy sê lede van die parlement kom by hul kantore aan met taxi’s om geld aan te vra.