Paaie-fonds genoodsaak om kommersiële lening aan te gaan

Die Paaie-fonds Administrasie was genoodsaak om ‘n kommersiële banklening aan te gaan om lae volume grondpaaie in stand te hou. Die heersende ekonomiese toestande het ‘n negatiewe impak op die begrotings van talle staatsondernemings en die administrasie is geen uitsondering nie. Nedbank Namibia het 350 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel. Selma Kaulinge, die bank se bestuurder vir kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.