Oudste gorilla vier haar 65ste verjaarsdag
Die wêreld se oudste gorilla het gister haar 65ste verjaardag in die Berlynse Dieretuin gevier met ‘n ryskoek met maaskaas, groente en vrugte. Fatou is sedert 1959 in die dieretuin. Volgens die direkteur, Christian Aust, is Fatou ondanks haar buitengewone hoë ouderdom, ‘n opgewekte ou dame met ‘n gesonde eetlus. Sy het volgens berigte in die dieretuin beland toe sy […]
Da is vies oor nuwe minerale-verkenningsstrategie
Die DA het Suid-Afrika se nuwe minerale verkenning-strategie veroordeel. Die Departement van Minerale Bronne en Energie sê die strategie se doel is om aansienlik meer verkennings-beleggings na die land te lok. Die strategie en sy inwerkingstredings-program wil oor die volgende vyf jaar Suid-Afrika se aandeel in wêreldwye verkennings-belegging van minder as 1 persent na 5 […]
Steve word nie regverdig behandel nie – AWB
Die Afrikaner Weerstandsbeweging het gereageer op die SA Menseregtekommissie wat ‘n aanmaningsbrief aan die sanger en aktivis Steve Hofmeyr geskryf het. Die kommissie het bevind dat die Hofmeyr se uitlatings oor die LGBTIQ+ gemeenskap strydig met Suid-Afrika se wetgewing is wat mense se waardigheid verseker en hulle teen onbillike diskriminasie beskerm. Steyn von Rönge, leier […]
Paaie-fonds baas sê oor kommersiële lening
Nedbank Namibia het 350 miljoen Namibiese dollar aan die Paaiefonds-administrasie beskikbaar gestel. Die administrasie was genoodsaak om ‘n kommersiële banklening aan te gaan om lae volume grondpaaie in stand te hou. Die heersende ekonomiese toestande het ‘n negatiewe impak op die begrotings van talle staatsondernemings en die administrasie is geen uitsondering nie. Ali Ipinge die […]
Nersa sal verhore hou oor kragtariewe
Openbare verhore oor kragtariefverhogings in Suid-Afrika is ná vele kritiek weer ingestel. Nersa het vanaf 1 Julie ‘n gemiddelde verhoging van 7,47 persent vir munisipale kragtariewe voorgestel. Die owerheid is gekritiseer omdat hulle dit sonder openbare deelname gedoen het. ‘n Woordvoerder van Nersa, Charles Hlebela, sê in die verlede het amper niemand opgedaag nie:
So raak repo-koers jou paaiement
Simonis Storm het berekenings gedoen op die impak van die hoër repo-koers op lenings. Volgens die makelaarsfirma sal die rentekoers op eiendomslenings na 9 persent toe styg en enigiets van 160 dollar maandeliks op ‘n miljoen dollar lening tot amper 500 dollar maandeliks op ‘n 3 miljoen dollar lening sal byvoeg tot jou maandelikse paaiement. Vir ‘n lening […]
ABN AMRO sê jammer vir slawerny
Die derde grootste Nederlandse bank, ABN AMRO, het verskoning gevra vir sy betrokkenheid by slawerny en sê die praktyk van die 18de en 19de eeu het onbeskryflike lyding veroorsaak. Dit is een van die eerste Nederlandse private maatskappye om verskoning te vra vir sy rol in die Atlantiese slawehandel. Dit volg te midde van die […]
Swakop begin water afsny oor skuld
Die munisipaliteit van Swakopmund sal ook, nes talle ander plaaslike owerhede in die land, begin om watertoevoer af te sny aan huishoudings en besighede met uitstaande skuld. Die raad sê hy word meer as 130 miljoen dollar geskuld, op van 100 miljoen wat in Oktober verlede jaar aangeteken is en dat daar ‘n beroep gedoen […]
Minder vaartuie, meer vrag vir Namport tydens Covid
Namport se statistiek vir die 2020-2021 finansiële jaar is bekend. Daar was ‘n 25 persent afname in die hoeveelheid vaartuie wat by die hawe aangekom het met ‘n totaal 1 303 wat in die periode aangeteken is. Die owerheid sê Covid-inperkings het tot die afname gelei. Oorgrens-volumes wat deur die owerheid hanteer is het toegeneem met 39 […]
Covid: WGO het goeie nuus
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê dat die laagste hoeveelheid Covid-getalle sedert die begin van die pandemie, verlede week aangemeld is, maar, dat Omikron-variante dopgehou word.