Paaie-fonds baas sê oor kommersiële lening

Nedbank Namibia het 350 miljoen Namibiese dollar aan die Paaiefonds-administrasie beskikbaar gestel. Die administrasie was genoodsaak om ‘n kommersiële banklening aan te gaan om lae volume grondpaaie in stand te hou. Die heersende ekonomiese toestande het ‘n negatiewe impak op die begrotings van talle staatsondernemings en die administrasie is geen uitsondering nie. Ali Ipinge die uitvoerende hoof van die administrasie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.