Steve word nie regverdig behandel nie – AWB

Die Afrikaner Weerstandsbeweging het gereageer op die SA Menseregtekommissie wat ‘n aanmaningsbrief aan die sanger en aktivis Steve Hofmeyr geskryf het. Die kommissie het bevind dat die Hofmeyr se uitlatings oor die LGBTIQ+ gemeenskap strydig met Suid-Afrika se wetgewing is wat mense se waardigheid verseker en hulle teen onbillike diskriminasie beskerm. Steyn von Rönge, leier van AWB sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat Hofmeyr gesê het, is nie korrek nie, maar word hy regverdig behandel?