Oudste gorilla vier haar 65ste verjaarsdag

Die wêreld se oudste gorilla het gister haar 65ste verjaardag in die Berlynse Dieretuin gevier met ‘n ryskoek met maaskaas, groente en vrugte. Fatou is sedert 1959 in die dieretuin. Volgens die direkteur, Christian Aust, is Fatou ondanks haar buitengewone hoë ouderdom, ‘n opgewekte ou dame met ‘n gesonde eetlus. Sy het volgens berigte in die dieretuin beland toe sy twee jaar oud was en ‘n matroos haar ingeruil het om vir sy kroegrekening te betaal.