Minder vaartuie, meer vrag vir Namport tydens Covid

Namport se statistiek vir die 2020-2021 finansiële jaar is bekend. Daar was ‘n 25 persent afname in die hoeveelheid vaartuie wat by die hawe aangekom het met ‘n totaal 1 303 wat in die periode aangeteken is. Die owerheid sê Covid-inperkings het tot die afname gelei. Oorgrens-volumes wat deur die owerheid hanteer is het toegeneem met 39 persent en beslaan 24 persent van al die vrag wat die hawe hanteer het. Totale grootmaat-volumes het met 14 persent gegroei, aangedryf deur die groei van 213 persent in die uitvoer van mangaan-erts deur Lüderitz se hawe.