ABN AMRO sê jammer vir slawerny

Die derde grootste Nederlandse bank, ABN AMRO, het verskoning gevra vir sy betrokkenheid by slawerny en sê die praktyk van die 18de en 19de eeu het onbeskryflike lyding veroorsaak. Dit is een van die eerste Nederlandse private maatskappye om verskoning te vra vir sy rol in die Atlantiese slawehandel. Dit volg te midde van die groeiende debat oor ‘n pynlike tydperk in Nederland se koloniale verlede. Navorsing het bevind sommige van sy regsvoorgangers was betrokke by plantasie-slawerny en die handel in produkte met ‘n oorsprong in slawerny.