So raak repo-koers jou paaiement

Simonis Storm het berekenings gedoen op die impak van die hoër repo-koers op lenings. Volgens die makelaarsfirma sal die rentekoers op eiendomslenings na 9 persent toe styg en enigiets van 160 dollar maandeliks op ‘n miljoen dollar lening tot amper 500 dollar maandeliks op ‘n 3 miljoen dollar lening sal byvoeg tot jou maandelikse paaiement. Vir ‘n lening op ‘n voertuig sal die rentekoers opskuif na 10 persent. Op ‘n 250 000 dollar voertuig sal jy ongeveer 165 dollar meer betaal op jou maandelikse paaiement. As die lening 500 000 dollar is, betaal jy 326 dollar meer en op ‘n miljoen dollar lening, 653 dollar meer. Verbruikers se druk sal verder toeneem omdat nog verhogings in die repo-koers verwag word. In die afgelope 12 maande het petrol met 51 persent gestyg en diesel met 60 persent.