Olies en vette styg meeste 

Inflasie-syfers vir Maart 2022 is bekend en staan tans op 4,5 persent, onveranderd van Februarie. Onder hierdie syfers is die koste van verskeie voedsel items soos olies en vette wat hemelhoog is op 15,6 persent met vrugte, net so hoog op 10 persent. Groente het effe afgeneem en is tans 4,6 persent duurder, met vleis wat ook […]

Read More

Polisie stop bestuurderlose voertuig…

Die polisie in San Francisco het kopgekrap nadat hulle ‘n motor afgetrek het wat sonder ligte bestuur het. Maar, daar was niemand in die voertuig nie. In wat andersins ‘n wonderlike April Gekkedag-grap sou gewees het, het die twee beamptes, wie se name nie bekend gemaak is nie, ‘n bestuurderlose motor wat deur General Motors se Cruise-eenheid bestuur […]

Read More

Inflasie vir Maart op 4,5 persent

Die nuus oor die ekonomie bly uiters sleg. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê inflasie in Maart vanjaar is gemeet op 4,5 persent, teenoor 3,1 persent wat verlede jaar aangeteken is. Die syfer vir Maart is onveranderd vanaf Februarie vanjaar toe dit ook op 4,5 gemeet is. Voedsel en nie-alkoholiese drankies het 0,9 persent bygedra en […]

Read More

Skok oor selfmoord van bestuurder na ongeluk

Die selfmoord van ‘n man wat na bewering vier voetgangers gisternag doodgery het, het skokgolwe deur die Namibiese gemeenskap gestuur. Die ongeluk het ongeveer 11-uur gisternag in Oshakati plaasgevind. Hy het sy passasiers en dubbelkajuit bakkie op die toneel gelos en gevlug. Hy is vanoggend gevind naby die begraafplaas. Hy het homself gehang. Kosmos 94.1 […]

Read More

ActionSA gaan hof toe oor gesondheidswet

ActionSA sê hy het sy regspan opdrag gegee om voor te berei vir ‘n dringende hersiening van die regulasies van die Nasionale Wet op Gesondheid in die Hooggeregshof sou daar volgehou word daarmee in hulle huidige vorm. Die regulasies is op die 15de van verlede maand vir openbare kommentaar beskikbaar gestel. Lerato Ngobeni van ActionSA […]

Read More

Presidentsbeker in Melbourne in ’28 en ’40

Een van die sport se gewildste toernooie, die Presidentsbeker, keer in 2028 en 2040 terug na Melbourne in Australië. Royal Melbourne het die toernooi reeds drie keer aangebied. Die laaste keer was in 2019 toe Tiger Woods se Amerikaanse span ‘n mededingende internasionale span geklop het. Victoria se premier, Daniel Andrews, sê die doel met […]

Read More

Heard het Depp se reputasie verpletter

Ben Chew, Johnny Depp se prokureur, sê Depp het jare lank gewerk om ‘n reputasie te bou as ‘n hoogs talentvolle akteur maar, sy eksvrou, Amber Heard se vals aantygings maak van hom ‘n vroueslaner. Depp dagvaar Heard vir 50 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding vir wat hy as laster beskryf na sy ‘n opiniestuk gepubliseer het en haarself as […]

Read More

Ons moes beter gedoen het – JC Pretorius

Die Springbok Sewesspeler, JC Pretorius, sê hulle het indringend gekyk na hul teleurstellende vertoning op verlede naweek se Singapoerse Sewestoernooi. Argentinië het die Blitsbokke hul derde opeenvolgende loesing gegee en die troosprys ontneem van in die vyfde plek te eindig. Volgens Pretorius wys besprekings duidelik hulle het nie goed vertoon in Singapoer nie:

Read More

ANC moet meer doen oor klimaatsverandering

Die vakbondfederasie Saftu doen ‘n beroep op die ANC-regering om in KwaZulu-Natal meer te doen om armes te help wat basiese dienste soos kos en skuiling nodig het. Meer as 300 mense is dood weens oorstromings en modderstortings in die provinsie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die gereelde oorstromings in die oostelike dele van […]

Read More

Motoriste: Luister hier…

Met verkeer wat reeds toeneem op die land se paaie, word motoriste gemaan om versigtig te bestuur. Verkeersowerhede is op patrollie en hulle kyk nie net lisensieskyfies nie. Nampol se verkeershoof, kommissaris Amalia Gawanas het haar waarskuwing aan bestuurders so verwoord.

Read More