Inflasie vir Maart op 4,5 persent

Die nuus oor die ekonomie bly uiters sleg. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê inflasie in Maart vanjaar is gemeet op 4,5 persent, teenoor 3,1 persent wat verlede jaar aangeteken is. Die syfer vir Maart is onveranderd vanaf Februarie vanjaar toe dit ook op 4,5 gemeet is. Voedsel en nie-alkoholiese drankies het 0,9 persent bygedra en vervoer, 1,9 persent. In terme van streke het Khomas die hoogste syfer aangeteken, op 5,3 persent met Hardap, Omaheke, Erongo en Karas tweede op 4,4 persent.