Presidentsbeker in Melbourne in ’28 en ’40

Een van die sport se gewildste toernooie, die Presidentsbeker, keer in 2028 en 2040 terug na Melbourne in Australië. Royal Melbourne het die toernooi reeds drie keer aangebied. Die laaste keer was in 2019 toe Tiger Woods se Amerikaanse span ‘n mededingende internasionale span geklop het. Victoria se premier, Daniel Andrews, sê die doel met die toernooi is om werk na Victoria te bring. Dit was ook die doel toe die staat se regering seker gemaak het hulle bied die Statebondspele in 2026 aan.