Polisie stop bestuurderlose voertuig…

Die polisie in San Francisco het kopgekrap nadat hulle ‘n motor afgetrek het wat sonder ligte bestuur het. Maar, daar was niemand in die voertuig nie. In wat andersins ‘n wonderlike April Gekkedag-grap sou gewees het, het die twee beamptes, wie se name nie bekend gemaak is nie, ‘n bestuurderlose motor wat deur General Motors se Cruise-eenheid bestuur is, afgetrek en niemand agter die stuur gekry nie. Een van die beamptes het probeer om die deur van die voertuig oop te maak en toe weer teruggestap na hul polisiekar toe. Die motor het daarna weer deur ‘n kruising gery en by die  volgende blok stilgehou. Die video van die voorval is meer as 80 000 keer op Instagram gedeel.