Olies en vette styg meeste 

Inflasie-syfers vir Maart 2022 is bekend en staan tans op 4,5 persent, onveranderd van Februarie. Onder hierdie syfers is die koste van verskeie voedsel items soos olies en vette wat hemelhoog is op 15,6 persent met vrugte, net so hoog op 10 persent. Groente het effe afgeneem en is tans 4,6 persent duurder, met vleis wat ook van dubbelsyfers gedaal het na 4,4 persent teenoor 13,3 persent verlede jaar die tyd. Hoender het veral gedaal van 19,3 persent verlede jaar tot 4,6 persent tans. Vis is 2,8 persent duurder. Brood en grane is 4,2 persent duurder met suiwel op 3,4 persent. Suiker was in Maart 2,3 persent duurder.