Skok oor selfmoord van bestuurder na ongeluk

Die selfmoord van ‘n man wat na bewering vier voetgangers gisternag doodgery het, het skokgolwe deur die Namibiese gemeenskap gestuur. Die ongeluk het ongeveer 11-uur gisternag in Oshakati plaasgevind. Hy het sy passasiers en dubbelkajuit bakkie op die toneel gelos en gevlug. Hy is vanoggend gevind naby die begraafplaas. Hy het homself gehang. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi gepraat oor watter klagtes hy moontlik in die gesig kon staar…