Heard het Depp se reputasie verpletter

Ben Chew, Johnny Depp se prokureur, sê Depp het jare lank gewerk om ‘n reputasie te bou as ‘n hoogs talentvolle akteur maar, sy eksvrou, Amber Heard se vals aantygings maak van hom ‘n vroueslaner.

Depp dagvaar Heard vir 50 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding vir wat hy as laster beskryf na sy ‘n opiniestuk gepubliseer het en haarself as a oorlewende van huishoudelike- en geslagsgeweld beskryf.