Wes-Kaap verwerp nuwe Covid-regulasies
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het die voorgestelde nuwe langtermyn regulasies op die bestuur van Covid-19 en ander oordraagbare siektes verwerp. Die hoof van die Departement, Keith Cloete, sê sommige van die voorgestelde regulasies sal onvanpaste beperkings op endemiese aansteeklike siektes meebring. Cloete sê die nuwe reëls sal die naasbestaandes van ‘n persoon wat aan […]
Humanitêre roetes in Donbas oop
Oekraïne sê hy heropen humanitêre deurgangsroetes om die ontruiming toe te laat van burgerlikes uit oorlog-geskende streke. Dit kom na die roetes gister gesluit is weens Russiese optrede. Nege roetes in die ooste en suide van die land sal weer oop wees. Die owerhede in Oekraïne moedig mense in die suid-oostelike Donbas-gebied aan om vinnig […]
Trein gaan staan sonder diesel
‘n TransNamib-trein het sonder diesel in die Suide, naby Kolmanskop, gaan staan. Volgens foto’s wat Kosmos 94.1 Nuus gesien het, het lede van die publiek probeer om die trein by te staan en diesel aan te ry na hom toe. Abigail Raubenheimer, woordvoerder van TransNamib, het meer besonderhede.
Coenie dagvaar BoN
Die hoof van die kriptogeldeenheid maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, dagvaar die Bank van Namibië vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart, sowel as vir 5 miljoen dollar in sy privaat hoedanigheid na die bank al sy bates en rekenings gevries het. Die saak duur voort voor regter George […]
Plundery het reeds in KZN begin
Plunderaars het probeer voordeel trek uit die vloede in KwaZulu-Natal. Twaalf verdagtes sal na verwagting in die landdroshof in Umlazi in KwaZulu-Natal verskyn vir inbraak en die besit van gesteelde eiendom. Dit volg nadat ‘n groep gemeenskapslede laasnag by twee sake-ondernemings in Umlazi ingebreek het. Die woordvoerder van die polisie, Nqobile Gwala, sê die verdagtes […]
Varkbedryf in diep waters
Die Namibiese varkbedryf was reeds voor die huidige krisis onder druk. Die voorsitter van die Varkprodusente Vereniging Gideon Goosen, beskryf dit as die perfekte storm omdat kommoditeite styg en vleispryse daal. Dus meen hy, dit sal binnekort veroorsaak dat produsente teen ‘n verlies produseer.
Olies en vette styg meeste
Inflasie-syfers vir Maart 2022 is bekend en staan tans op 4,5 persent, onveranderd van Februarie. Onder hierdie syfers is die koste van verskeie voedsel items soos olies en vette wat hemelhoog is op 15,6 persent met vrugte, net so hoog op 10 persent. Groente het effe afgeneem en is tans 4,6 persent duurder, met vleis wat ook […]
Polisie stop bestuurderlose voertuig…
Die polisie in San Francisco het kopgekrap nadat hulle ‘n motor afgetrek het wat sonder ligte bestuur het. Maar, daar was niemand in die voertuig nie. In wat andersins ‘n wonderlike April Gekkedag-grap sou gewees het, het die twee beamptes, wie se name nie bekend gemaak is nie, ‘n bestuurderlose motor wat deur General Motors se Cruise-eenheid bestuur […]
Inflasie vir Maart op 4,5 persent
Die nuus oor die ekonomie bly uiters sleg. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê inflasie in Maart vanjaar is gemeet op 4,5 persent, teenoor 3,1 persent wat verlede jaar aangeteken is. Die syfer vir Maart is onveranderd vanaf Februarie vanjaar toe dit ook op 4,5 gemeet is. Voedsel en nie-alkoholiese drankies het 0,9 persent bygedra en […]
Skok oor selfmoord van bestuurder na ongeluk
Die selfmoord van ‘n man wat na bewering vier voetgangers gisternag doodgery het, het skokgolwe deur die Namibiese gemeenskap gestuur. Die ongeluk het ongeveer 11-uur gisternag in Oshakati plaasgevind. Hy het sy passasiers en dubbelkajuit bakkie op die toneel gelos en gevlug. Hy is vanoggend gevind naby die begraafplaas. Hy het homself gehang. Kosmos 94.1 […]