Coenie dagvaar BoN

Die hoof van die kriptogeldeenheid maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, dagvaar die Bank van Namibië vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart, sowel as vir 5 miljoen dollar in sy privaat hoedanigheid na die bank al sy bates en rekenings gevries het. Die saak duur voort voor regter George Coleman wat beslis het dat die bates gedeeltelik weer beskikbaar gestel moet word, onder toesig van die bank. Die woordvoerder van die Bank van Namibië Kazembire Zemburuka wou nie veel kommentaar lewer nie.