Wes-Kaap verwerp nuwe Covid-regulasies

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het die voorgestelde nuwe langtermyn regulasies op die bestuur van Covid-19 en ander oordraagbare siektes verwerp. Die hoof van die Departement, Keith Cloete, sê sommige van die voorgestelde regulasies sal onvanpaste beperkings op endemiese aansteeklike siektes meebring. Cloete sê die nuwe reëls sal die naasbestaandes van ‘n persoon wat aan tuberkulose sterf, verbied om aan hulle te raak of die liggaam te was vir die begrafnis. Daarby sê Cloete die sosio-ekonomiese uitwerking van die voorwaardes op reisigers moet ook uitgeklaar word.