Humanitêre roetes in Donbas oop

Oekraïne sê hy heropen humanitêre deurgangsroetes om die ontruiming toe te laat van burgerlikes uit oorlog-geskende streke. Dit kom na die roetes gister gesluit is weens Russiese optrede. Nege roetes in die ooste en suide van die land sal weer oop wees. Die owerhede in Oekraïne moedig mense in die suid-oostelike Donbas-gebied aan om vinnig na die weste te beweeg voor ‘n gevreesde, grootskaalse Russiese offensief.