N$1,4 miljoen met Kanker-appelprojek ingesamel
Ondanks die uitdagings van Covid-19, het Bank Windhoek se Kanker-appelprojek 1,4 miljoen Namibiese dollar ingesamel om die Kankervereniging van Namibië te ondersteun. Die fondse sal onderskeidelik aangewend word met 500 000 dollar vir die Nasionale Kanker-uitreikprogram en 900 000 dollar vir die Pasiënt Finansiële Bystandsprogram. Bank Windhoek se uitvoerende bemarking- en korporatiewe bemarkingsbestuurder Jacquiline Pack […]
Suid-Afrikaners kan nog kommentaar lewer oor Covid-regulasies
Die Demokratiese Alliansie het die aankondiging dat die kommentaar-periode op die aanwysings tot die Nasionale Gesondheidswet verleng is, verwelkom. Die party sê hoewel die periode nou aangepas is moet die regering dringend verslag doen oor die aantal e-posse wat deur inwoners aan die gesondheidsdepartement gestuur is, wat uitgevee is sonder dat dit gelees is. Die […]
PDM-hoofsweep: Politici gee net om vir hul plekke van herkoms
Die PDM se hoofsweep, Vipua Muharukua, het vandag in die Nasionale Vergadering politici daarvan beskuldig dat hulle aandag gee aan plekke waar hulle vandaan kom en ander gebiede ignoreer. Muharukua het ‘n voorbeeld gemaak van ‘n skoolkoshuis in die omgewing waar hy vandaan kom, en gesê as dit in ‘n gebied was waar die minister […]
Sake- en huiseienaars met versekering teen natuurrampe moet eis
Die ombud vir korttermynversekering vra sake- en huiseienaars wat versekering teen natuurrampe het en wie se eiendom in die oorstromings beskadig is, om so gou moontlik hul eise in te dien. Talle inwoners in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het huise en sakeondernemings verloor weens die verwoestende vloede. Die ombud, Thasnim Dawood, sê natuurramp-versekering dek oorstromings. […]
Agri SA hoop besluit oor oordraagbaarheid van waterregte word gou geneem
Agri SA sê hy hoop ‘n finale besluit oor die oordraagbaarheid van waterregte sal binnekort geneem word. Die hoof van Natuurbronne by Agri SA, Janse Rabie, sê die Konstitusionele Hof het die Departement van Water en Sanitasie toestemming gegee om te appelleer teen ‘n besluit van die Appèlhof oor die oordraagbaarheid en verkoop van waterregte. Rabie sê water- en eiendomsregte […]
Netwerk stel Stassen se boek oor Dorslandtrek in Windhoek bekend
The Book Den en Protea Boekhuis stel op 27 April 2022 Dr. Nicol Stassen se nuwe boek, Van Humpata tot Upingtonia, bekend in Windhoek. Nicol Stassen doen al vir bykans twee dekades navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola Boere. Van Humpata tot Upingtonia is die verhaal van hierdie trekkers se onverskrokke durf in die mees afgeleë dele van Suider-Afrika. Die uitvoerende beampte van […]
Frank Fredericks-stigting gee beurs aan swemmer
Die Frank Fredericks-stigting het ‘n beurs van 10 000 Namibiese dollar aan die 14-jarige swemmer Ariana Naukosho, toegeken. Sy is deel van die nasionale swemspan wat Namibië by die CANA Sone IV swemkampioenskappe wat vanaf vandag tot 17 April in Lusaka in Zambië plaasvind. Ariana het in verskeie nasionale en kontinentale toernooie in Malawi en […]
Eurowings Discover verhoog aantal vlugte tussen Frankfurt en Windhoek
Die Lufthansa-groep het aangekondig sy Eurowings Discover gaan ‘n bykomende drie vlugte per week tussen Frankfurt en Windhoek aanbied. Dit tree in werking vanaf Julie tot September 2022 en bring die totale aantal weeklikse vlugte te staan op tien. Vanaf einde Maart is vlugte tussen Windhoek en die Victoria-valle in Zimbabwe ingestel wat streekstoerisme bevorder. […]
Inwoners van Ritchie in die Noord-Kaap ontruim huise
Inwoners van Ritchie in die Noord-Kaap is uit die gebied ontruim. Dit volg nadat hulle huise oorstroom is te midde van voortdurende swaar reën in die gebied. Diere is ook deur die vloedwater geraak, met sommige wat vermis word en ander wat gevrek het. Die wyksraadslid Elize Niemann sê die water kom van oorstroomde damme […]
Caprivi Concerned Groep eis referendum
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het bevestig dat hy ‘n petisie ontvang het van ‘n groep inwoners van die Zambezi-streek wat ‘n referendum oor die Zambezi-streek voorgestel het weens beweerde politieke kwessies daar. Katjavivi het ontvangs van die petisie bevestig in die notule van die Nasionale Vergadering. Die Caprivi Concerned Groep […]