Caprivi Concerned Groep eis referendum

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het bevestig dat hy ‘n petisie ontvang het van ‘n groep inwoners van die Zambezi-streek wat ‘n referendum oor die Zambezi-streek voorgestel het weens beweerde politieke kwessies daar. Katjavivi het ontvangs van die petisie bevestig in die notule van die Nasionale Vergadering. Die Caprivi Concerned Groep vra ‘n referendum om te besluit of die gemeenskap van die Caprivi-strook onafhanklik van Namibië wil wees, of nie. Katjavivi sal die petisie by die parlementêre staande komitee wat petisies hanteer, indien. Professor Katjavivi het dit bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus.