Agri SA hoop besluit oor oordraagbaarheid van waterregte word gou geneem

Agri SA sê hy hoop ‘n finale besluit oor die oordraagbaarheid van waterregte sal binnekort geneem word. Die hoof van Natuurbronne by Agri SA, Janse Rabie, sê die Konstitusionele Hof het die Departement van Water en Sanitasie toestemming gegee om te appelleer teen ‘n besluit van die Appèlhof oor die oordraagbaarheid en verkoop van waterregte. Rabie sê water- en eiendomsregte behoort nie geskei te word nie weens die waarde daarvan in die ontsluiting van die grond se volle potensiaal.