Inwoners van Ritchie in die Noord-Kaap ontruim huise

Inwoners van Ritchie in die Noord-Kaap is uit die gebied ontruim. Dit volg nadat hulle huise oorstroom is te midde van voortdurende swaar reën in die gebied. Diere is ook deur die vloedwater geraak, met sommige wat vermis word en ander wat gevrek het. Die wyksraadslid Elize Niemann sê die water kom van oorstroomde damme in die gebied.