Suid-Afrikaners kan nog kommentaar lewer oor Covid-regulasies

Die Demokratiese Alliansie het die aankondiging dat die kommentaar-periode op die aanwysings tot die Nasionale Gesondheidswet verleng is, verwelkom. Die party sê hoewel die periode nou aangepas is moet die regering dringend verslag doen oor die aantal e-posse wat deur inwoners aan die gesondheidsdepartement gestuur is, wat uitgevee is sonder dat dit gelees is. Die DA dring ook daarop aan dat die departement ‘n oudit moet doen van die e-posse wat ontvang is. Ons korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt, vertel meer …