Frank Fredericks-stigting gee beurs aan swemmer

Die Frank Fredericks-stigting het ‘n beurs van 10 000 Namibiese dollar aan die 14-jarige swemmer Ariana Naukosho, toegeken. Sy is deel van die nasionale swemspan wat Namibië by die CANA Sone IV swemkampioenskappe wat vanaf vandag tot 17 April in Lusaka in Zambië plaasvind. Ariana het in verskeie nasionale en kontinentale toernooie in Malawi en Botswana die afgelope jare deelgeneem. Fredericks sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is jong, uitstekende atlete in Namibië en die publiek moet hulle ondersteun om hul sportdoelwitte te bereik.