PDM-hoofsweep: Politici gee net om vir hul plekke van herkoms

Die PDM se hoofsweep, Vipua Muharukua, het vandag in die Nasionale Vergadering politici daarvan beskuldig dat hulle aandag gee aan plekke waar hulle vandaan kom en ander gebiede ignoreer. Muharukua het ‘n voorbeeld gemaak van ‘n skoolkoshuis in die omgewing waar hy vandaan kom, en gesê as dit in ‘n gebied was waar die minister van onderwys vandaan kom, sou die situasie waarskynlik anders hanteer word.