Netwerk stel Stassen se boek oor Dorslandtrek in Windhoek bekend

The Book Den en Protea Boekhuis stel op 27 April 2022 Dr. Nicol Stassen se nuwe boek, Van Humpata tot Upingtonia, bekend in Windhoek. Nicol Stassen doen al vir bykans twee dekades navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola Boere. Van Humpata tot Upingtonia is die verhaal van hierdie trekkers se onverskrokke durf in die mees afgeleë dele van Suider-Afrika. Die uitvoerende beampte van Netwerk Namibië, Elizma Theron, is van mening dat hierdie boek ʼn groot gedeelte van Namibiese geskiedenis vervat. Die bekendstelling vind plaas om half-ses die aand by Ons Erfdeel Kultuursentrum, op die hoek van Bismarck- en Blohmstraat in Windhoek