Sake- en huiseienaars met versekering teen natuurrampe moet eis

Die ombud vir korttermynversekering vra sake- en huiseienaars wat versekering teen natuurrampe het en wie se eiendom in die oorstromings beskadig is, om so gou moontlik hul eise in te dien. Talle inwoners in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het huise en sakeondernemings verloor weens die verwoestende vloede. Die ombud, Thasnim Dawood, sê natuurramp-versekering dek oorstromings. Dawood sê ontevrede versekeringseisers kan die ombud se kantore kontak vir bystand.