Caprivi Concerned Groep eis referendum

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het bevestig dat hy ‘n petisie ontvang het van ‘n groep inwoners van die Zambezi-streek wat ‘n referendum oor die Zambezi-streek voorgestel het weens beweerde politieke kwessies daar. Katjavivi het ontvangs van die petisie bevestig in die notule van die Nasionale Vergadering. Die Caprivi Concerned Groep […]

Read More

Amestie Internasionaal sê SA moet meer doen om buitelanders te beskerm

Amnestie Internasionaal wil hê die Suid-Afrikaanse regering moet meer doen om buitelandse burgers in Diepsloot te beskerm. Dit volg nadat buitelanders gevra het om na hulle lande teruggestuur te word terwyl die onrus in die gebied voortduur. Hulle sê hul lewens is in gevaar omdat hulle die sondebokke gemaak word vir die onbeteuelde misdaad in […]

Read More

Inwoners by Koeberg hoef nie te ontruim

Inwoners van gebiede om die Koeberg-kragsentrale word aangeraai om nie hulle eiendomme te ontruim nie. Sirenes van die nood-alarm is regoor die gebied gehoor. Die woordvoerder Lewis Phidza sê die sirenes is gehoor weens ‘n fout tydens ‘n roetine-toets.

Read More

Toegangsfooie tot erfenisgebiede verhoog

Die Namibiese Nasionale Erfenisraad het hul pryse by erfenisgebiede aangepas. Die pryse sou in Januarie aangepas word, maar die toerismesektor wat nog herstel van die Covid-pandemie het, gevra vir uitstel. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging, gee haar reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus oor die styging van die pryse vir dié erfenisgebiede wat groot […]

Read More

Eskom het strategiese plan vir Paasnaweek

Eskom sê hy het ‘n strategiese plan in werking gestel vir die Paasnaweek sodat sy tegnici kan voortgaan om die kragreserwes aan te vul. Eskom se projekdirekteur, Philip Dukashe, het die media op hoogte gebring van die beurtkragsituasie. Hy sê die kragvoorsiener wil die onderskeie krageenhede herstel om te verhoed dat beurtkrag volgende week voorkom. […]

Read More

SA het na Paasnaweek dalk weer beurtkrag

Suid-Afrika kan volgende week van Dinsdag af met nog beurtkrag te doen kry. Eskom se hoofbestuurder André de Ruyter het aan die media gesê die kragverskaffer het tans 6 042 megawatt wat aan beplande onderhoud onderwerp word, terwyl nog 14 471 megawatt se vermoë weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie. De Ruyter sê die […]

Read More

Gratis PCR-toetse nie meer beskikbaar vir SAOG-studente

Die Namibiese gesondheidsministerie sal voortaan nie meer gratis Covid-19 PCR-toetse aan studente in die SAOG-streek verskaf nie, en ook nie vir staatsamptenare nie. Walters Kamaya, woordvoerder by die ministerie sê mense kan met ‘n inentingsertifikaat vrylik deur die streek beweeg.

Read More

Ramaphosa vra alle geloofgroepe om vir KwaZulu-Natal te bid

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op alle geloofsgroepe om in gebed uit te reik en materiële hulp te verskaf aan gemeenskappe in KwaZulu-Natal wat geraak word deur die verwoestende oorstromings. Die president sê in ‘n verklaring die land word geseën deur die sameloop van Pase, die Moslem heilige maand Ramadan en die Joodse Pasga. Hy sê […]

Read More

Binnelandse sake registreer 96 139 geboortes in 2021-22-boekjaar

Altesaam 96 139 geboortes is by die Namibiese ministerie van binnelandse sake in die 2021-22-boekjaar geregistreer teenoor die 84 863 die vorige jaar, het die minister dr. Albert Kawana, tydens sy motiveringstoespraak vir sy begroting gesê. In dieselfde tydperk is 17 353 sterftes aangemeld teenoor die 19 932 die vorige jaar. 

Read More

China verdedig sy standpunt oor konflik in Oekraïne

China het sy standpunt oor die konflik in Oekraïne verdedig as een wat aan die regte kant van die geskiedenis is. Dit volg op ‘n waarskuwing deur Amerika dat Beijing se onwilligheid om sanksies teen Rusland in te stel, sy verhouding met ander ekonomieë kan raak. Beijing trap diplomaties fyn tussen steun vir sy nabye vennoot en […]

Read More