Amestie Internasionaal sê SA moet meer doen om buitelanders te beskerm

Amnestie Internasionaal wil hê die Suid-Afrikaanse regering moet meer doen om buitelandse burgers in Diepsloot te beskerm. Dit volg nadat buitelanders gevra het om na hulle lande teruggestuur te word terwyl die onrus in die gebied voortduur. Hulle sê hul lewens is in gevaar omdat hulle die sondebokke gemaak word vir die onbeteuelde misdaad in die gebied. Sibusiso Khasa van Amnestie Internasionaal glo die regering moet aanspreeklik gehou word vir sy gebrek aan doeltreffendheid.