SA-vroue reg vir uitdaging met Zambië

Banyana Banyana se hoofafrigter, Desiree Ellis, is beïndruk met die fiksheid van die spelers voor vandag se vriendskaplike wedstryd teen Zambië in Lusaka. Die wedstryd dien as ‘n kleedrepetisie vir die kwalifiserende wedstryde van die Afrika-nasies Vrouebeker wat oor twee rondes beslis word. Ellis sê sy is regtig opgewonde en verras oor die span se […]

Read More

Gbs-inwoners môre sonder water

Terwyl daar talle uitdagings is regoor die land met vervalle infrastruktuur, het Gobabis se munisipaliteit ook te kenne gegee dat daar môre, die 13de Februarie, en weer volgende week Saterdag, die 19de Februarie, ‘n wateronderbreking tussen agt-uur die oggend en vier-uur die middag sal plaasvind. Die dorpsraad sê ondergrondse asbespype sal vervang word met plastiekpype. […]

Read More

ANC-regering dagvaar Huawei

Suid-Afrika het die maatskappy Huawei Technologies gedagvaar omdat hy die aantal buitelanders wat hy in die land in diens mag neem oorskry het. Die regering sê in ‘n verklaring byna 90 persent van die werknemers by die Chinese telekommunikasiereus se Suid-Afrikaanse eenheid is buitelandse burgers, insluitend al vyf in die topbestuur. Volgens die ingediende hofstukke […]

Read More

Oproepe vir geslaglose skooldrag in SA

The Triangle Project in Suid-Afrika sê skole moet kleredragkodes instel met geslagsneutrale skooldrag. Die nie-winsgewende organisasie sê skooldrag moet kreatiewe kombinasies van klere-items wees, wat alle leerders kan dra ongeag hul geslag. Die verklaring volg nadat debatte ontstaan het oor ‘n “seun wat ‘n rok dra” by ‘n Wes-Kaapse skool. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse […]

Read More

Nieu-Seeland betoging teen inentings groei

Die aantal betogers buite die Nieu-Seelandse parlement het Vrydag tot byna 1 500 gestyg. Die polisie het hulle pogings verminder om teen-inentingsbetogers te verwyder wat die vorige dag by gewelddadige skermutselings betrokke was. Dit is verpligtend in Nieu-Seeland vir mense wat in onder meer die gesondheid-, wetstoepassings- en verdedigingsektore werk, om teen Covid-19 ingeënt te […]

Read More

Venaani en DBN gesels oor kleinsake en werkskepping

Die besoek van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement se leier McHenry Venaani, gister by die Ontwikkelingsbank van Namibië, was ‘n reuse-sukses. Kwessies van ondersteuning vir klein en medium ondernemings en werkskepping is bespreek. Hy was vergesel deur parlementslede Nico Smit en Inna Hengari. Venaani se amptelike woordvoerder, Roberto Dirkse …

Read More

Kovsies eis ook inenting, of PCR-toets

Die Vrystaatse Hooggeregshof het ‘n aansoek vir ‘n tussentydse interdik teen die Universiteit van die Vrystaat se beleid vir die verpligte inenting teen Covid-19 van die rol geskrap. Die universiteit sê die groep Free State for Choice se aansoek is van die hand gewys weens sy onvermoë om te bewys dat dit dringend was. Personeel, […]

Read More

Withuis-dokumente in Trump se kleinhuisie?

‘n Komitee van die Amerikaanse Kongres ondersoek die voormalige president Donald Trump se hantering van rekords ná 15 kartondose vol dokumente van sy Florida-oord na ‘n federale agentskap oorgeplaas is. Die komitee probeer vasstel of daar geklassifiseerde inligting in die dokumente is. ‘n Boek wat binnekort verskyn en deur die New York Times-joernalis Maggie Haberman […]

Read More

Faf en AB vandag by IPL-veiling

Die speler van die wedstryd in die vorige seisoen se eindstryd, Faf du Plessis, gaan na verwagting gesog wees by die spanne van die Indiese Premierliga tydens vandag se spelers-veiling. Die voormalige kaptein van die Proteas het ‘n paar hoogs-suksesvolle seisoene by die Chennai Super Kings agter die rug. Die speler wat die bynaam Baba […]

Read More

Namport groei, ten spyte van ekonomiese tye

Namport sê hy toon steeds baie goeie groei, ten spyte van die moeilike ekonomiese tye. Met ongeveer ses weke oor van sy huidige finansiële jaar, sê die owerheid hy het reeds 242 meer vaartuie, of 24 persent, ontvang tussen April verlede jaar en Januarie vanjaar, vergeleke met die vorige boekjaar. Tonnemaat het met 16 persent […]

Read More